Gereformeerde Kerk Kempton Park

Solus Christus | Sola Gratia | Sola Fide

Die enigste troos in lewe en in sterwe is dat ek met liggaam en siel nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser Jesus Christus behoort.

Heidelbergse Kategismus, Sondag 1

Welkom

By die Gereformeerde Kerk Kempton Park word die Woord van God suiwer verkondig, die sakramente volgens die instelling van Christus bedien, en die kerklike tug in stand gehou. Ons staan op die fondament van die Bybel as die onfeilbare Woord van God en bely ons geloof soos vervat in die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreƫls.

U word hartlik uitgenooi om saam met ons die Here te dien in die erediens. Ons bid dat u hierdie gemeente sal ervaar as 'n geestelike tuiste waar u gevoed mag word deur die suiwer melk van die Woord.

Eredienste

Sondag Oggenddiens

09:30

Erediens met Woordverkondiging

Sondag Aanddiens

17:30

Erediens met Woordverkondiging

Nagmaal word elke eerste Sondag van die maand in die oggenddiens gevier.

Luister Aanlyn

Ons eredienste word uitgesaai op Mixlr. Luister gerus saam indien u nie die diens kan bywoon nie.

Luister op Mixlr

"Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."

Johannes 14:6